Die strand en die boardwalk op Umhlanga het ons al baie baie kere gestap. Ons besluit dus dat ons dit nie weer hoef te stap om te tel nie. Ons sal sommer net die stukkie grond op die kaart afmerk en van die totaal wat oor is aftrek. Die stukkie strand is baie mooi en ons het heelwat hierheen gekom toe ons nuut in Durban was. Deesdae is ons minder lus om so ver te ry en gaan na nader strande.
Ons het ook in ‘n openbare vakansiedag in 2011 hier deurgebring en dit vreeslik geniet. Toe het ons anderkant die besige strand gaan stap, die lieflike lagoon ontdek en baie baie gewonder wat verder le. Dit was duidelik dat mens net daar kan kom as jy stap en dit het die eerste saadjies gesaai van ernstig teen die strand begin afstap. Die seuns het toe heerlik in die riviertjie geswem of so half branderplank gery met hulle lyfies as die planke (body surfing?).
Speel in die rivier wat uit die lagoon loop |
Dis baie lekker om sandwalle af te ry |
Apies in die natuurreservaat |
Wat bied hierdie pragtige stukkie strand: Die vuurtoring en ‘n pier wat in die see ingaan. Rotse met rotspoeletjies, ‘n kleinerige strandjie om te swem, die lang boardwalk vir stap of draf, baie restaurante, selfs ‘n kamer vol speletjies en ‘n natuurreservaat waar mens in die bosse kan rondloop en ons al apies gesien het, ‘n stil strand heel noord en ‘n pragtige lagoon en riviertjie wat soms see toe loop.
Afstand: 2.9 km
Presies waar: Vanaf die Umhlanga vuurtoring tot by die Umhlanga lagoon waar ons Dag 18 begin stap het.
Tyd: Heeldag, baie dae.
No comments:
Post a Comment