Ons is vandag see toe om 'n bietjie te gaan swem. Ons was heeltemal te lank laas in die see. Ons geniet die strand voor Ushaka, Vetch's Pier. Daar is lekker parkering by Ushaka, winkels naby vir roomys, en 'n redelike stil strand, met beskerming van die hawe, so die branders is kleiner. Lekker vir die kinders.
Toe ons uit die kar klim, waai 'n wilde woeste wind. Ons los toe maar die snorkelgoed in die kar. En toe ons op die strand kom is daar meer bloublasies as waterdruppels in die see. Hulle het sommer sulke strepe op die strand gele. Ons wil toe nie swem nie, maar ons is nou op die strand. Toe stap ons maar. Van die kaai voor Ushaka tot teen die hawemuur, en terug.
Dit was 700 m soontoe en 700 m terug. Ons kan dus nie eers 'n kilometer afmerk nie.
Dit was net ons gesin van 4. Daar is ook geen foto's nie, aangesien ons eintlik net beplan het om te swem en die kamera by die huis gebly het. Heel suid teen die hawemuur het mens 'n mooi foto geleentheid van Durban se Goue Myl, met die Moses Mabhida stadion heel regs. Ek is jammer ek het nie 'n kamera of eers 'n selfoon daar gehad nie. Ons gaan skuil toe vir die wilde wind in die Moyo restaurant op die kaai. Het 'n heerlike cappucino in die funky restaurant.
Ons was stil met die stappery, maar beplan groot dinge vir die skoolvakansie.
Vandag se afstand: 700 m
No comments:
Post a Comment