Wednesday, March 21, 2012

Dag 16: 4 Januarie 2012; Swem by Southbroome

Vandag hou ons sommer net vakansie.  Ons slaap later en gaan swem in die see, naby die mond.  Daar is ‘n strand, ‘n see en ‘n laguun en mens sit lekker hoog met ‘n goeie uitsig.  Die lagoon is pragtig.  Ons swem omtrent 3 ure in die oggend voor ons teruggaan huis toe, braai, inpak en ry. 
Ons stap so skelm skelm darem ‘n ½ km.  Ons parkeer by die Granny pool waar ons die vorige aand gestop het nadat ons alleen gaan stap het en stap tot by die mond waar ons swem.  ‘n Mooi stukkie pad, om ‘n punt wat in die see in steek, tussen bome deur en verby ‘n paar bankies.  Ons het nie besef daar is nader parkering nie en gaan haal toe maar die kar en bring dit na die mond.  Tussen ons handdoeke en die swemplek moet mens ‘n rivier kruis.  Gelukkig is jy dan reg aangetrek vir swem.
Ons groot stap naweek in die Suidkus het ons 15.8 km gegee.
Afstand:  ½ km
Tyd: kwartier
Riviere gekruis:  1
Southbroome strabd, met kagoon na links

Skuinste vol sambrele

Die mooi lagoon met voels
Swem in die see: Desember vakansie Southbroome

No comments:

Post a Comment