Tuesday, July 26, 2011

Dag 4: Amanzimtoti

Dag 4:  Amanzimtoti, 24 Julie 2011

Hierdie inskrywing behoort vinnig te wees. Vandag was die maklikste, verveligste en ondramatiesste stap tot op hede. Ook die minste mooi. Daar was geen rotse of riviere waaroor ons moes kom nie.
Die hoogtepunt was seker die een wit krappie wat nie vir ons weggehardloop het nie, maar sy knypers rondgeswaai het, tot die hond se ontsteltenis. Die strand hier is baie skoner as wat dit by die Bluff was.

Ons het net voor 2 begin stap en was weer net na 5 by die huis, dus 'n vinnige stappie.
Daar was 'n redelike sterk wind van voor dus het ons vandag harder gestap as gewoonlik. Dit was ook die eerste keer wat die kinders gekla het en die ouers moes omkooptegnieke gebruik om almal aan die gang te hou.

Vandag was dit net die gewone 8 stappers, niemand anders kon saamkom nie. 

Aanhaling van die dag:  "Waar is julle?"  
"Op die N2 !"
Blykbaar is dit nie 'n goeie beskrywing van jou ligging as jy teen die Natalse kus afry nie. 

Afstand gestap:  7 km
Tyd gestap 2:40
Gemiddelde spoed: 2.6 km 
Afstand gery: 57.4 km
Afstand oor:  545.6 km


Ons stap !

Die wit krappie was besonder aggressief en het aangedring om sy terrein te verdedig.  Gewoonlik hardloop hulle net weg.

Die hond op soek na die groot krap wat hierdie gat gegrawe het.  Hy was redelik ontsteld oor die kleiner krap, ons is dus dankbaar dat hy nie die groter krap gekry het nie.




Monday, July 11, 2011

Stilte

Ons het vir 2 weke nie gestap nie.  Daar was 2 redes.  Die een groep stappers is Kaap toe vir 'n vakansie by familie en die een stapper het nog 'n seer voet.
Goeie nuus oor die voet:  Van Saterdag af word daar normaal op die voet getrap.  Dit was regtig seer en ek kon vir 2 weke nie op die voet trap nie, wat beteken ek kon nie loop nie. 
Ons het ook besluit om toerusting te gaan koop; goeie skoene waarmee ons deur die water kan loop en voete beskerm en fluitjies waarmee ons die kinders kan roep as hulle vooruit hardloop. 

Monday, July 4, 2011

Meer fotos van Dag 3: Ballito tot Shaka's Rock

Op Dag 3 was daar 2 fotograwe.  Gewoonlik is daar net een.  Hier is foto's van die tweede fotograaf. Pragtig, ne !
Vroeg in die dag, ons het nog warm klere aan

Kinders besig om pret te he

Ma en seun

Net voor Hole in the Wall

Hole in the wall en 'n raar foto van myself

Interessante rotse.  My seun het gese dis borrels lug wat in lawa vasgevang is.  Is dit?

Dit lyk so effe gevaarlik?

So mooi.  Die rede hoekom ons dit doen

Kumulatiewe statistiek
Afstand gestap: 22.4 km
Tyd gestap: 11.5 ure
Dae gestap: 3
Gemiddelde spoed: 1.9 km/uur

Tyd gekuier na stap: 1.5 ure
Ure beplan aan stap as groep: 1.5
Afstand gery:  220 km
Mense gestap: 16
Riviere geskruis: 3
Mediese noodgevalle: 1

Afstand oor: 552.6 km
Persentasie klaar: 3.9%